(Ek's al klaar bietjie slimmer, en maak van die begin af kategorieë):
Dit was my...uhm..gevleuelde woorde aan die begin van die jaar...Dissipline was by die deur uit. Aandagspan ook. Daarom 'n mengsel van ligte, kort boeke, met hier en daar iets dikkers/diepers, en bietjie nie-fiksie. En weereens verskeie vergeet.
My bestes in pienk:
Afrikaans Fiksie
- Die verhaal van Johanna Brandt - Bep du Toit
- Wildvreemd - Carina Stander
- Geur van vergifnis - Alta Cloete
- Geur van vervulling- Alta Cloete
- Daar was 10 - Heinz Konsalik
- Een aand in Amsterdam - Ela Spence
- Eendag vir altyd - Marie-Louise Cronje
- Ons wag op die kaptein- Elsa Joubert
- Die Vrystaat is verniet - Helene de Kock
- Go'el Yisra'el - Marzanne le Roux-van der Boon
- Sabina's - Nadia de Kock
- Grensoorlogstories - Jeanette Ferreira
- Waar sy hoort - Marlie Cloete
- Klein land van die liefde - Margaret Bakkes
- Kondensmelk - Christien Neser
- Koshuiskoffie - Christien Neser
- Groen is die kleur van genade - Marlene le Roux
- Fado vir 'n vreemdeling - Margaret Bakkes
- Lentelied - Dirna Ackerman (2in1)
- 'n Nuwe Dag - Dorothy Fourie
- Haaitemmer - Wilreza Theron
- Uitgeboul deur liefde - Mari Roberts
- Satynprinses - Rykie Roux
- Soeter as heuning - Bets Smith
- Waar liefde le - Elsa Winckler
- Die soen - Bets Smith
- Niemand soos jy nie - Magdaleen Walters
- 'n Ster vir Stella - Malene Breytenbach
- Eendagmooi - Kristel Loots
- 'n Klein lewe - Wilna Adriaanse
- Die Wildedruif val - P H Nortjé
- Mense van my asem - Steve Hofmeyr
- Die Skrywer - Esta Steyn
- Niggie - Ingrid Winterbach
- Om Kobus te ken - Madelie Human
- Boheem - Chanette Paul
- Rots van liefde - Chanette Paul
- Vlerke van Goud - Chanette Paul
- Ons is nie almal so nie - Jeanne Goossen
- Jy's die een - Madelie Human
- Om Ben lief te hê - Madelie Human
- Alles of niks - Madelie Human
- Mieke rock uit - Jana du Plessis
- Seisoen van Genade - Alta Cloete
- 'n Huis vir Nadia - Dalene Matthee
- Want daar's skoenlappers - Elsa Winckler
- Die kinders van Sengeti - Elmar Steyn
- Voltooide Sirkel - Madelie Human
- Haar grootste geskenk - Marile Cloete
- Blou sjokolade - Christien Neser
- Eenoogkoning - Malene Breytenbach
- Aand die windkant - Annemi Coetser
- Jo & Sue - Chanette Paul
- Nan & Jeannie - Chanette Paul
- Lam in Wolfsklere - Bernette Bergenthuin
- Verskietende ster - Anna Penzhorn
- Wilde Lote - Jaybee Roux
- Philida - Andre Brink
- Pillars of the earth - Ken Follett
- Lie down with Lions - Ken Follett
- Lone Wolf - Jodi Picoult
- Loving - Karen Kingsbury
- One Life. 6 Words. What's yours? - Smith Magazine
- Dynamite doctor or Christmas Dad? - Marion Lennox
- The Lucky One - Nicholas Sparks
- A rural affair - Catherine Elliott
- A Mango-shaped space - Wendy Mass
- The Hunger Games - Suzanne Collins
- Once in a lifetime - Cathy Kelly
- The Patchwork Marriage - Jane Green
- Baking Cakes in Kigali - Gaile Parkin
- Jewels of the Sun - Nora Roberts
- Spud-Exit, Pursued by a bear - John van de Ruit
- Bed of Roses - Nora Roberts
- Coming Home - Karen Kingsbury
- The Top Prisoner in C-Max - Wessel Ebersohn
- The best of me - Nicholas Sparks
- Savour the moment - Nora Roberts
- Happy ever after - Nora Roberts
- Vision in white- Nora Roberts
- The redemption of Sarah Cain - Beverly Lewis
- The Poisonwood Bible - Barbara Kingsolver
Nie-fiksie
- The book of regrets...thoughts, memories and revelations from a celebrated cast -Juliet Solomon
- Eugene Terre'Blanche - my storie - Amos van der Merwe.
- Troepie - van blougat tot bosoupa - Cameron Blake
- Die Anglo-Boereoorlog - Fransjohan Pretorius
- Wednesday is indigo-blue - Cytowic & Eagleman
- Armblankes - Edward-John Bottomley
- Taal is zecht maar echt mijn ding - Paulien Cornelisse
- The Alchemist - Paulo Coelho (was eintlik nog op die ongeleesde lys van laas jaar, maar ek het dit weggegee. Ek het net nooit lus gekry om te begin nie)
- John - Niall Williams
- Die poorte van Sion - Bodie Thoene
- Look at me - Jennifer Egan
- The idea of love - Louise Dean
Hierdie wil ek (nog) lees (en baaaaie is oorgedra van 2011...)!
(Oeps. Uhm, dit lyk amper identies soos laasjaar...)
- Suid-Afrika 'n Toekomsperspektief
- A Christmas Carol - Charles Dickens
- How to study the Bible - John MacArthur
- Coconut - Kopano Matlwa
- A Journal for Jordan - Dana Canedy
- The 5 Love Languages - Gary Chapman
- How things are made - Rose & Schlager
- Black Diamond - Zakes Mda
- Mahala - Chris Barnard
- The man who loved the Zulus - J F Scutt
- Fascinating Womanhood - Helen Andelin
- Knowledge in the blood - Jonathan Jansen (amper klaar!)
- Star of the morning - Pamela Jooste
Mmm, en baie was dun en vinnig. Iets waaraan ek sal werk dié jaar.
Maar dit was steeds lekker!
Oor die bestes:
Wildvreemd (Carina Stander) - Nie geskryf in die tipiese styl waarvan ek hou nie, maar hier kon ek aanhou. Ek ken die omgewing, en alles word so mooi beskryf dat jy dit voor jou sien gebeur. 'n Interessante, boeiende verhaal.
Ons wag op die kaptein (Elsa Joubert) - Bietjie van 'n skande dat ek nou eers daarby uitkom? Ook nie my gewone leesstof, en ek moes maar aanpraat om deur te sit, maar die slot, o, wat kon toe daar gebeur? So baie om oor te dink.
'n Klein lewe (Wilna Adriaanse) - Wat 'n verrassende wending deur hierdie skrywer! Dis 'n andante - boek, heeltemal anders as haar ander fiksie. Weereens, omdat ek die omgewing ken, kon ek dit goed visualiseer. So 'n goeie verwoording van hoe 'n vrou die veranderende Suid-Afrika beleef het.
Seisoen van Genade (Alta Cloete) - Ek het aanvanklik gesukkel met Alta se drie "Geur"-boeke, tot ek besef het die boeke is elk in die toonaard/persoonlikheid van die hoofkarakter geskryf. Die "Seisoen"-reeks wat met Genade begin is vir my 'n verdieping van die vorige. Misleidend, met die mooie voorblad, kan dit maklik aangesien word vir net nog 'n liefdesverhaal, maar daar word regtig hartsdinge aangespreek in hierdie boek. Ek wag vir die volgende een.
Philida (Andre Brink) - Philida sal waarskynlik op elke tweede Afrikaanse leser se lysie beland. Ek sukkel met André Brink. " 'n Droë wit seisoen" is een van my top 10-boeke, maar die res kon my nog nie werklik roer nie. Philida is weer 'n lekker-lees, omstrede nagevors met die beurs wat baie meen iemand anders moes kry. Ek sê "lekker-lees", want die gaan vinnig, maar dis eintlik 'n hartseer verhaal, uit die slawetyd van die ou Kaap. O jete, die (Suid)-Afrikaner het baie om voor rekenskap te gee. Hierdie boek gee 'n beeld van hoe dinge daardie tyd gewerk het, wat jy eintlik nie wil sien nie, maar moet weet.
Die Folletts - "Pillars" het ek op aanbeveling van 'n lees-vriendin gelees; sy was reg, dis 'n grootse boek. "Lions" was weer heeltemal anders, maar vir my net so interessant. Ek sal weer 'n Follett in die oë kyk dié jaar, "Pillars" se opvolg lê reeds in die rak.
Lone Wolf (Jodi Picoult) - Ah, ek lief Jodi, daar is seker maar twee van haar boeke wat ek nie geniet het nie. Sy klits jou altyd om op die tweedelaaste bladsy, en hier weer.
A Mango-shaped space (Wendy Mass) - Uiteindelik kry ek hierdie boek in die hande, 'n standaardboek vir almal met sinestesia. Dit kan ook gesien word as 'n jeugverhaal, maar vertel so mooi hoe sinestesia werk, uit die oogpunt van die jong meisie. Die titel 'n lieflike metafoor :-)
The Top Prisoner in C-Max (Wessel Ebersohn) - Spanning is nie eintlik my genre nie, so hierdie was weer 'n buig van die grense, maar ek is bly ek het Ebersohn ontdek. Ek kon nie vinnig genoeg omblaai nie!
The Poisonwood Bible (Barbara Kingsolver) - Ek kan niks meer sê wat nog nie oor hierdie boek gesê is nie. 'n Moet-lees vir elke westerling wat in Afrika woon, wil gaan woon, wil gaan werk, wil gaan mense "red".
Eugene Terre'Blanche - my storie (Amos van der Merwe) - Hierdie is iets wat jy met moeite begin lees, want ET was so 'n omstrede figuur. Amos hanteer sy storie egter so goed en ten spyte van enige aversie wat jy mag voel vir die man en sy idees, is daar ook simpatie, want op die ou end was hy 'n eensame, ontnugterde man, met romatiese ideale wat hy nie kon realiseer nie.
Taal is zecht maar echt mijn ding ( Paulien Cornelisse) - Pas ontdek op vakansie; 'n humoristiese kyk na Nederlandse taalgebruik en uitdrukkings. Ek het by tye kliphard gelag (dit vat baie om meer as 'n glimlag by my te kry) en het summier die opvolg hiervan gekoop voor ek uit Nederland is.
O, maar ek het byna almal geniet. Chanette Paul se twee boeke oor die Calitze, Madelie Human en Elsa Winckler se romanses, die nuwer stemme van Bernette Bergenthuin en Jana du Plessis...daar's niks te kla oor Afrikaanse boeke nie!
My stapels staan reg vir 2013 - als wat oorgedra word al reeds uit 2011, 'n hoop nuwes wat deur 2012 aangekoop is, histeriese aankope nou op vakansie en lekker geskenke en leenboeke van my sisi.
fantasties - dankie vir deel en moeite - was nou sowaar 'n lekker blog stuk ... ;)
ReplyDeleteWow! You read so much in 2012 - thanks for sharing the list for inspiration.
ReplyDelete