Showing posts with label Hekel in Afrikaans. Show all posts
Showing posts with label Hekel in Afrikaans. Show all posts

Thursday, 24 August 2017

Get this book - Hallo, Crochet! / Hallo, Hekel!

What is brilliant?

When three of your hooky friends publish a big, fat crochet book, full of beautiful patterns, that is brilliant.

Hello, welcome and thank you for Hello, Crochet! / Hallo, Hekel! by Cornel Strydom, Elsbeth Eksteen and Anisa Fielding, three beautiful, creative hookers, each with a very unique style.  The result resembles all of them: contemporary neutral, romantic arty and bright, bohemian quirky. 


Hello Cornel, Elsbeth & Anisa!



The book is divided into four main sections: Contemporary, Arty, Romantic and Bohemian, each showcasing this specific style in terms of colour and styling.  


Contents (Afrikaans version)

A variety of patterns are included, eg. a tea cosy, 2 blankets, scarf, wrist warmers, shawl, toy, three different bags, a skirt, a placemat, a children's jumper, a dress, a hat and top in the Contemporary section.  Paging through Arty, you'll find similar, but different, plus a beanie, a coat, a doilie and mini-shawl, and this continues through Romantic and Bohemian, a total of 64 patterns (yes, there's enough patterns!).

Then you realise that these 64 patterns are made up of 11 motifs, 4 written patterns and 2 diagrams...that's the cleverness of this book! One diagram can be interpreted as a neutral, basic shawl; a chunky mini-shawl/neckerchief; a romantic summer shawl in pastels and a bright, gypsy-like shawl with pom poms - and they all look different. 

The layout is clean and fresh without being clinical.  Each pattern has an information box that includes an indication of the skill level required, recommended yarn (used in the example), hook size, completed size, special abbreviations and tools needed.  Some also included diagrams of joins, pattern repetitions or simple motifs to to include, or instructions for assembly, all hand-drawn by Elsbeth (as is the pattern diagrams in the back of the book).


A Bohemian baby cardigan

I quickly tested the Amber mini-shawl in both Karoo Moon handspun and Malabrigo Silky Merino. It worked up easily to a nice neckerchief size.  I did prefer the softer Silky Merino that also drapes better, but a bigger hook size might have served the Karoo Moon well.  


Blocking the Karoo Moon mini shawl

Done in Silky Merino, it came out a bit bigger, with better drape:


One can almost see the softness of this yarn!

I thoroughly enjoyed making these quick projects and look forward  to working through more of the book (8 yellow Post It Notes mark those that required earliest attention!).  I can really recommend this book as a versatile pattern book for the intermediate hooker, showcasing the best of South African yarns (this is such a bonus - we now have beautiful yarns available and patterns were designed with these in mind).  Even just reading through it takes  me back to the good old Craft Share days at Cornel's dining table!

Well done,  ladies.  There was a gap in the market and it was waiting for you!




(Next up: Review of Beatrix Snyman's Afrikaans book "Raak Hekelslim", soon to be available in English as well)

Saturday, 17 September 2016

Kry dié boek - Vrouekeur 50 Hekelpatrone

Ek is mal daaroor dat die oplewing in hekel ook beteken dat daar 'n oplewing in die hekelboekbedryf beteken!  Elke nou en dan val 'n nuwe hekelboek op my rak, waarvan Vrouekeur s'n die mees onlangse is. 


Vrouekeur 50 Hekelpatrone

Vrouekeur is bekend vir die hekel- en breipatrone wat gereeld in die tydskrif verskyn, asook die klein hekel- en breiboekies wat die afgelope paar jaar verskyn het.  Hierdie boek is 'n welkome byvoeging en het 'n lekker verskeidenheid om uit te kies.  

Baie hekelboeke het 'n afdeling voor of aan die einde met 'n verduideling van a) hoe om te hekel en b) 'n verskeidenheid steke.  Dit regverdig (myns insiens) eintlik 'n boek op sy eie omdat dit waardevolle patroonplek in beslag neem.   Hier het Vrouekeur reg gedoen en gebruik slegs een bladsy vir patroonafkortings met kort verduidelikings.  Die patrone het elk 'n duidelike, groot kleurfoto, met ekstra inligting of wenke waar nodig.   

Die boek is verdeel in vyf afdelings: Hoedjies, Skoentjies, Dogtertjies, Vrouetruie en Komberse - baie duidelik pienk en vroulik. En hoewel ek nou nie regtig in die skoentjie/dogtertjie-mark val nie, is daar wel mooi patrone in wat ek definitief sal maak!


...die volgende babatjie in my groter vriendekring kry dalk so hasiehoed. Of die padda op bl 11!

 Of die harlekyn...of die katjie...hei, wat van Pippelotta!

Die Skoentjie-afdeling begin met 'n nuttige gids tot verskillende groottes skoensole, wat dan gebruik kan word vir die verskillende patrone: plakkies, sandaaltjies, verskillende tipes sokkies en moccasins.

My belangstelling lê by die Kombersafdeling, waar daar regtig heelwat mooies is.  Ek het sommer vinnig blokkie B van die Nostalgie-kombers probeer :


Een proefblokkie - effens aangepas


Patroonlees kan moeilik raak: baie afkortings en baie rondtes raak besig op 'n bladsy, maar die patrone is eenvoudig en maklik beskryf.  Ek hou van diagramme, wat hierdie boek ongelukkig nie het nie, maar sommige patrone het wel 'n uitlegdiagram. 

Tussen die 55 patrone sal daar definitief genoeg wees om die gemiddelde hekelaar gelukkig te hou, veral iemand wat baba/kinderkleertjies maak.

Tuesday, 5 June 2012

Tadaaah!! Lucy se Ripple in Afrikaans

Translated into Afrikaans with permission of Lucy, www.attic24.typepad.com

Baie dankie aan Lucy van Attic 24 wat ons toestemming gegee het om haar Neat Ripple
in Afrikaans te doen!


Die oorspronklike Engels is hier, met stap-vir-stap fotos.
The original English is here, with step-by-step photos.


Na 'n klompie navrae vir 'n Afrikaanse weergawe van hierdie patroon:



Lucy se Ripple

Hier is eers die verkorte weergawe...

Maak 'n beginketting in veelvoude van 14, plus 3 ekstra steke (telkens om te draai).
(Of dan - maak die ketting soos lank soos jy dit wel hê, kyk net dat die total 'n veelvoud van 14 is, en maak 3 ekstra steke om te draai).

R1
1 lb in 4e ketting van pen
1 lb in elk van volgende 4 k
2 lb tesame
2 lb tesame
1 lb in elk van volgende 4 k
*2 lb in volgende k
2 lb in volgende k
1 lb in elk van volgende 4 k
2 lb tesame
2 lb tesame
1 lb in elk van volgende 4 k*

Herhaal tussen * en *, eindig laaste herhaling met 2 lb in laaste k, draai.

R2
Maak 3k, 1lb in basis van die 3.
1 lb in elk van volgende 4 k

2 lb tesame
2 lb tesame

1 lb in elk van volgende 4 k

*2 lb in volgende k
2 lb in volgende k

1 lb in elk van volgende 4 k

2 lb tesame
2 lb tesame

1 lb in elk van volgende 4 k*

Herhaal tussen * en *, eindig laaste herhaling met 2 lb in die boonste lus van die 3 ketings van die vorige ry.

Herhaal so tot kombersgrootte wat jy verkies.


Lucy beveel wel aan dat jy 'n oefenblokkie doen soos hier:

Maak 'n beginketting van 31 steke (2 x 14 + 3).
Maak 'n langbeen in die 4e steek van die pen.
Maak 1 lb in elk van die volgende 4 kettings - nou het jy dus 5 (2 lb + 3 k)

In die volgende steek - maak 2 lb tesame, so:

Haak wol oor, hekelpen in steek, wol oor, haak terug (3 st op pen), wol oor, trek deur 2 lusse (2 st op pen), wol oor, steek in volgende ketting, wol oor, haak terug (4 steke op pen), wol oor, haak deur 2 lusse (3 st op pen), wol oor, haak deur al 3 steke op pen. 

Klaar: 2 lb tesame :-)

Maak nog so een!

Werk 4 lb in elk van die volgende 4 kettings. Nou behoort jy die "valleitjie" te kan sien, die V-vorm van die Ripple.

Om die "piek" te maak...

Werk 2 lb in die volgende ketting.
En nog 2 in die volgende ketting.

Dan weer 1 lb in elk van die volgende 4 kettings.  

Twee maal 2 lb tesame.

1 lb in elk van die volgende ketting.

Al asl reg geloop het, behoort jy 1 ketting oor te hê, maak 2lb hierin om die ry te eindig.   

Draai nou die werk.
Maak 3 k, dan 1 lb in DIESELFDE steek (die basis va die 3 kettings)
En volg die patroon:
1 lb in elk van die volgende 4 steke
Twee maal 2 lb tesame
1 lb in elk van die volgende 4 steke
Twee lb in elk van volgende 2 steke
1 lb in elke van volgende 4 steke
Twee maal 2 lb tesame.
1 lb i elk van die volgende 4 st.  

(Nou behoort jy weer by die einde van die ry te wees). 

Maak nou 2 lb in die boonste lus van die 3 kettings van die vorige ry.

Begin weer die volgende ry met 3 k en volg die patroon... 



Hierdie was my eerste poging tot 'n vertaling, en ekself hekel nie eintlik in Afrikaans nie!  Laat weet asb hoe dit gaan, is daar enigiets wat ek moet duideliker maak.  Ek het probeer om haar stap-vir-stap verduideliking so eenvoudig moontlik te volg.  Hierdie patroon sal deurentyd bygewerk word soos daar vrae inkom.  

Vir diegene wat ook sukkel om in die basisketting te hekel...ek werk in die agterste lus van die steek, dis vir my baie makliker as in die boonste twee lusse.  Na die eerste ry gaan ek dan weer normaal aan.