Tuesday, 26 July 2011

The Bang Bang Club

Jip.  Hierdie het niks met haak of stik of sodanig te doen nie.  Sommer maar net 'n klip in die Haak-en-steek bos?  Het mos nie verniet sulke wilde dorings nie. Is wel 'n baie mooie boom, kyk hier: een wat haak en een wat steek:
Haak-en-steek (Acacia tortilis)

Nee.  Wil net iewers my gedagtes bymekaar kry oordie hierdie fliek, The Bang Bang Club, en op FB kry ek nie my 'links' agtermekaar nie. 

Die fliek is gebaseer op die gelyknamige boek deur Greg Marinovich en Joao Silva, wat saam met Ken Oosterbroek en Kevin Carter nuusfotograwe was tydens die township-onluste in Suid-Afrika gederuende die vroeë 90's. 
Dit beskryf hul werk in die townships, hoe hul daar rondbeweeg het, die agtergrond van hul foto's en hoe hul oor die algemeen die tyd beleef het. Die fliek is 'n aanpassing van die boek, fokus meer op Greg Marinovich en Kevin Carter, wat elk ikoniese Pulitzer bekroonde foto's geneem het.

Wie kan hierdie een ooit vergeet?


Ek wil nie die ander hier opsit, dis erg ontstellend, maar kyk gerus na Greg Marinovich se pryswenner (deel van 'n reeks) hier. Hy het ook die bekende, ontstellende foto's geneem tydens die fiasko wat die Boputhatswana "inval" was

Elk geval. 

Ek kon nie wag vir die fliek om te verskyn nie, het verwag dat dit gaan goed wees, hoewel oor 'n omstrede onderwerp.  En ek was glad nie teleurgestel nie.  Maar kan jy nou glo, die resensies?  Ek wonder of party resensente ooit die moeite gaan doen om om die agtergrond van die fliek te kry, of selfs net die boek te lees?  Baie van die resensies was nogal oningelig, of sommer net negatief, soos op Rotten Tomatoes, maar ek was nogal verbaas oor dié wat self van eie bodem kom, soos in The Times en die artikel van Fred Khmualo in Sunday Times. Dis asof hul 'n heeltemal ander boodskap in die fliek wou lees en dit nie daar gekry het nie.  Of dalk het hul gedink dis 'n dokumentêr? 'n Ondersoek na die rol van joernalistiek in daardie tyd?  Uhm...wat het hul daardie idee gegee?

Ek het ook 'n onderhoud met Monica (Oosterbroek) Hilton-Barber gelees wat oorweldigend negatief was.  Nou, ek verstaan dit was 'n aaklige tyd vir haar, haar man is oorlede, maar die bewerings wat sy maak verstaan ek nie regtig nie.  Dis tog duidelik dat die fliek nie 'n feitelike weergawe van die boek is nie, en die boek self is die subjektiewe beskrying van twee van die mans betrokke.

Dankie dan vir balans, en dit vind ons in die opinies van Barry Ronge en Leon van Nierop in You en RSG; sekerlik die twee beste filmresensente in Suid-Afrika. Ek was nog nooit teleurgestel in hul opinies nie. Beide van hul stem saam: dis régtig 'n goeie fliek.

Daar's nou wel die kwessies van die buitelandse akteurs - maar ja, dit moet gebeur om enigsins buitelandse belangstelling in 'n projek te kry, en uiteraard is Ryan Phillipe gekies as naam om die fliek te dra.  Hy doen ook heel goed (lyk dalk net bietjie jonk!), en soos altyd is aksente maar 'n probleem.  Oi, arme Taylor Kitsch kom oor as 'n baster Ier/Aussie, maar verder speel hy die rol goed.  Ons eie Frank Rautenbach het baie goed gedoen, en dis jammer dat Neels van Jaarsveld se rol eintlik kleinerig was. 

En Vusi Kunene verdien sy eie paragrafie want hy is net SO GOED. Sy vyf minute in die fliek het mense kliphard snikkend gehad in Brooklyn Sondagmiddag. Sy vertoning as die hartseer pa/eggenoot na die Boipatong-slagting is hare-regopstanend.  Hy is 'n ongelooflike akteur wat nie naastenby die erkenning kry wat hy moet nie.  Hoop hierdie maak vir hom internasionaal deure oop.

Nou; hoekom ek dink dit is so goed:

Dit herinner ons aan 'n tyd wat ons nie wil onthou nie.  Ek was 'n student van 1990 tot 1994, en uiteraard is nuusgebeure dan maar op die agtergrond van jou leefwêreld.  Tog, hulle, en ander, se (aanvanklik beperkte)foto's in ons koerante was genoeg om jou te laat besef hier's iets aan die gang wat ons nie van weet nie.  Ons het in 'n gekoesterde borreltjie geleef en nie geweet wat regtig in die townships aan die gang was nie, veral as jy net die Afrikaanse pers gevolg het.  Hierdie foto's het begin wys wat die koste was van ons veilige, wit leef-wêreldjie, wat net 'n illusie was van 'n werklikheid.  En, ongelooflik, is daar steeds so baie wat terughunker daarna, wat nie besef of wil weet wat agter die skerms, agter die drade, ver weg in die 'lokasies' gebeur het nie. 

Dís wat gebeur het.

Dís waarom daar steeds soveel geweld in ons samelewing is.  Miljoene kinders het teen hierdie agtergrond grootgeword en dis wat hul ken.  En dis nie 'n verskoning vir die vlak van misdaad in ons land nie, maar 'n manier wat mens kan begin om te verstaan wat die 'ander kant' was.

Daarom moet ons hierdie fliek kyk, hierdie boek lees.  Ons moet regtig onthou hoe hierdie land op die rand van 'n afgrond gestaan het.  Onthou daardie naweek wat Chris Hani geskiet is ? Die brandende paaie, die onluste? Iemand sê die fliek is hopelik nie eensydig nie. Dit is nie, dit wys wat gebeur het met miljoene mense in ons land, wat sedertdien geweldig vergewensgesind opgetree het en steeds doen.  'Eensydig' was die volksmoorde in Rwanda, wat in dieselfde tyd uitgespeel het, waar derduisende voor die voet vermoor is, Hutu's op Tutsi's en omgekeerd. Ons het nie so slagting hier beleef nie. In elk geval nie algemeen op straat, in ons veilige wit enklaves nie. 

Die mense in die township - húlle het.

This is just my thoughts on the movie, The Bang Bang Club, that opened in SA last week, and why I think it is a good, movie, well made and good to see.
It is based on the book of the same name, describing the experiences of four news photographers who cover the township violence in die early 90's. Changes have been made, to accommodate the movie world and international world, but still, it is a good representation of  South African township violence and the run-up to the first democratic elections.   
Follow the links above for descriptions of their lives and work, also links to some reviews of the movie (some in Afrikaans).
I found it very good, despite the difficulty US actors have to master the South African accent (on that note, Leo Dicaprio was great with the accent in Blood Diamond). Vusi Kunene was an absolute shining star in his 5 mins of the mourning father/husband after the Boipatong massacre.
Why I think it deserves praise: it reminds us about what happened in our country.  Many tend to forget/ignore the cost of what the 'old' South Africa was built on.  I don't think it could ever be quantified.   The old, 'safe' and 'peaceful' South Africa was built and paid for with the blood and pain of millions of its citizens.  We didn't know all, because much was withheld, but these photographers showed us, and the world.  And I find it almost criminal that people can sweep it from the table and long for the 'good old days'.
  Our country was on the brink of a civil war, but instead of a genocide like Rwanda, we got free democratic elections.  Now, all is not going perfect and there is much, much to address, but I think there is so much more to be thankful for. 

3 comments:

Gerlene said...

Dankie vir die boodskap. Ek hoop die fliek wys hier ook eendag, of dan maar op DVD eendag.

BeachVintage.com said...

What a terrible thing to see in that photo of that baby and the bird awaiting its death. I just cant bear it. So so sad.

Julia said...

Amen, Amen en nogmaals Amen. Baie goed gestel ...