Friday 22 July 2011

Wat doén mens hiermee??

???



Hierdie...uhm, hélder kombers is 'n ou, ou 'artefak' uit die Ander Kant van die familie. 


Dis baíe helder. Posbusrooi. Sprinkaangroen. Giggelgeel.  Pampoen-oranje.


Ek gebruik dit nie vir 'n tafeldoek nie! (Wel, dálk kan dit werk...). Net oor die tafel gegooi vir foto-doeleindes.  En nou is dit nog donkeraand ook, so die HELDERheid word effe versag deur die swak lig..

Ek wou wel graag die kombersie hê, voor dit nog jare ongebruik bo in die kas lê en eendag net verdwyn, iewers heen.  Dis 'n ou ouma of oumagrootjie wat die kombers gemaak het.  Maar nou ís dit so effe...hélder.

Eers gedink om dit 'n agterkant te gee van sagte denim (as iets lank genoeg stilstaan in die huis, kry dit denim oor).

Of wat van hierdie rooi kussing se lappie?  (Dis die buite-draadstoele se kussings).


Of die gele?


Of dalk ál die lappies, soos 'n lappieskombers?


Wat sal ek doen?


What to do with this Very Bright Blanket?
It is a quite old blanket, from the in-law side of the family, and I really did want it, although it is so...bright.  Very bright. The colours come across quite soft in these photos.
(I'm not using it as as tablecloth! Its only draped over the kitchen table for the photo. ALthough it might also work :-)
I first thought to back it with denim.
But then I could also use fabric like I did for the outdoor cushions, the red one.
Or a simple quilt type made up of all 4 colours?
What. To. Do.
Posted by Picasa

3 comments:

Gerlene said...

Ek stel voor dit moet 'n kombersie bly. Dalk met bont of denim agterkant om dit te versterk sodat dit nog langer heel bly! Baie mooi al is dit wild helder!

petrow said...

ekke sou 'n groot vloer kussing vir lekker lui lees dae daarmee gemaak het, denim agterkant en 'n paar bonte helder tossels by gevoeg het
Dis pragtig, ek het ook 'n paar ou heirlooms van my ouma die ene het ek begin deurweef met helder wolle nou is dit wwe lekker dik en "in "en die ander net bietjie tossels aangesit, hulle is albei al bietjie dun sy is reeds 33 jaar oorlede petrow-articrafti.blogspot.com

Annemarie's Haakblog said...

Hoi! Wat leuk dat je een bezoekje aan mijn blog kwam brengen. Ik probeer te lezen wat je schrijft, eigenlijk gaat dat best goed! Leuk, ik kom gauw nog eens lang want je maakt prachtige dingen.
Groetjes, Annemarie