Geruime tyd nou al dwaal hier so klompie boeke deur die huis, - langs die bedkassie, op die klavier, weggesteek onder die hopie papiere...alles aangeskaf op uitverkoping of tweedehands of met goeie intensies, maar dit word Net Nie Gelees Nie.
So het ek van hulle begin bymekaar skraap...en daar's ± 28 boeke op die gekonsolideerde stapel! Ag en twintig!
(Ek het vandag 'n nuwe boekrak gekry en een hele rakkie van daardie grote boekrak gaan nét vir Ongeleesde Boeke wees).
Dus. Ek gaan 'n lys maak (het al begin van die jaar, toe was daar 15). Maar gaan nou weer 'n lys maak en dan gaan probeer om ten minste elke 2e week een van daardie boeke te vat en net klaar te kry. Party is dun en vinnig (Rugby agter doringdraad - Gerhard Viviers), of dun en stadiger (How to study the Bible), party is...umm, boekrakstutte? (Agaat...).
Here goes, hier is die lys, in geen spesifieke volgorde, en soos ek my nuwe boekrak volpak, mag ek uit enige kamer in die huis nóg fondse kry...
- Mahala - Chris Barnard
- Fascinating Womanhood - Helen Andelin
- The man who loved the Zulus - J F Scutt
- How to study the Bible - John MacArthur
- Suid-Afrika 'n Toekomsperspektief - (uit 1981!)
- 7 Things you had better nailed down (before all hell breaks loose) - Roger Wolgemuth
- Knowledge in the blood - Jonathan Jansen
- Star of the morning - Pamela Jooste
- People like ourselved - Pamela Jooste
- Versamelde Gedigte - Eugéne Marais
- Prester John - John Buchan
- Taras Bulba - Nicholas Gogol
- Rugby agter doringdraad - Gerhard Viviers
- 'n Plaaswinkel naby Oral - Abraham de Vries
- Armosyn van die Kaap - Karel Schoeman
- Frieda and Min - Pamela Jooste
- On the back roads - Dana Snyman
- Coconut - Kopano Matlwa
- The Five Love Languages
- Black Diamond - Zakes Mda
- A Journal for Jordan - Dana Canedy
- I am a cloud, I can blow anywhere - Jonathan and Shirley Tulloch
- John - Niall Williams
- Nelson Mandela, by Himself
- The boy who harnessed the wind - William Kwamkwamba & Bryan Mealer
- The bridge on the river Kwai - Pierre Boulle
- Agaat - Marlene van Niekerk
- Holding up the sky - Sandy Blackburn Wright
- The highly sensitive child - Elaine Aron
- The girl with the dragon tattoo - Stieg Larrson
Dis 30! En ek's nou besig met die laaste 2.
Wat's volgende?
No comments:
Post a Comment