Thursday 8 September 2011

'n Kombers met 9 lewens (vervolg en slot) (Hopelik)

Onthou die Kombers-Met-9-Lewens?

Wat die lewe begin het as 'n poging tot 'n Vintage Stripe?  Waarmee ek begin het om te LEER hekel?

Hy's nou in sy 4e lewe.  Die wrap dingetjie het nie vir my gewerk nie. 

Maar toe plaas Natasja hierdie link, vir 'n patroon wat sy in die hande wil kry, en ek dag...wag, wag, dit lyk dan amper bekend, as ek nou die wrappie weer lostrek hier, en op die punte vaswerk...nee, trek los, gee een twist en ryg gou weer... JA dit werk!

My kombers was amper 'n kussingoortreksel was kortsondig 'n sjaal en toe 'n wrap, maar is nou...'n...COWL WRAP!

Kan om die nek/oor skouers gaan as dit net normaal koud is.  Kan laer aftrek oor arms en lyf as die koud koud is.  Die dubbele vou oor bors maak lekker warm.    Roll on winter!

So lyk dit (Natasja se gesoekte patroon links)...TAH DAAH!!  (Eerste en laaste keer wat ek daardie term gebruik, belowe ;-)...



(Ek wou nog bietjie meer kleurgekoördineerd aantrek, maar wat! Die bewerige, dowwe fotografie my 7e jarige Mannetjie s'n).

3 comments:

Gerlene said...

Sienende dat dit nou al amper HOOGSOMER is daar, moet die cowl-storie maar Ierland toe gepos word, sodat ek dit darem net kan uittoets vir jou! Joke sommer net. Lyk baie oulik en warm.

Anonymous said...

Dit lyk stunning! Ek is nou sommer ekstra begeesterd om my cowl aan te pak (Cornel het aangebied om 'n oog te gooi en te kyk of sy die patroon vir my kan recreate). Jy kan seker nie wag vir die Winter nie :)

Teresa said...

Hoe lank het dit gevat om te hekel?,baie mooi uitgekom