Friday 19 April 2013

Waar ek hekel - +27 Design Café


Een van my groot sondetjies is 'n cappucino so deur die dag, gewoonlik met 'wings', maar vandat ek begin hekel het, gebeur dit meer en meer dat ek neerval iewers vir 'n cappo, en een van die projekte in die hand.  Ek het nog nooit gesukkel met hekel-in-publiek nie, en het maar met die tyd agtergekom dat mense verras is/dit vreemd vind/wens hul kon die moed hê om dit te doen.  So nou maak ek 'n punt daarvan en kry gereeld 'n vriendin of drie vir 'n koffie en saamkuier om die wolle.
(Dis natuurlik great om die perfekte wenkbroue te sien lig in Brooklyn Square ;-)

By Ons Hekel post ek ook gereeld my hekel-met-koffie fotos; meestal by Pure Café, maar soms ook by Wimpy of Woollies, en selfs met 'n Seattle langs die langpad :-)

Hekel- met-cappo


So vir die Pretorianers se onthalwe (en dié wat soms hier deurry) sal ek van tyd tot tyd van my gunstelinghekelplekke vertel.

Vandag was ek by +27 Design Café in Hatfield vir 'n cappo en mini-burger, met 'n beanie aan die haak:

+27 Design Café, Hatfield

+27 Design Café is geleë in Hatfield, by die kruising van Jan Shoba- (Duncan) en Suidstrate, in die hoekie tussen Big Al's, 'n klein bloemiste en Chinese supermark.  Van buite lyk dit nie na veel nie...

...maar gaan in!

Binne lyk dit na 'n klein take-away, met een bank en 'n paar sitplekke by die toonbank. Daar's 'n paar soetgoedjies onder die klokglase op die toonbank, en agter trek 'n rak jou oog - supermooi sling bags, klein, funky juweliersware en mooi kaartjies.

Maar stap bietjie na agter, deur 'n klein kamertjie, uit in iets wat lyk soos 'n parkeerterrein, en om 'n hoek...

... en jy kry 'n binnehof met  hope sitplek, 'n bank as jy lui voel, waterwerke vir die kleintjie om mee te speel en 'n lang tafel met wi-fi as jy sou lus voel (dis waarom dit ook gewild is by studente):

Hy kan homself besig hou

Dis nie net klip, gruis, hout en staal nie:

Funky mini-landscaping

Die kids kan redelik rondbeweeg sonder dat jy vir karre hoef te vrees..




...en hulle is mal oor die Nutella milkshakes én croissants!

Die spyskaart is klein, maar lekker, met interessante keuses: 
Milkshakes - cherry & Cola, Nutella, crème brulée
Klein ontbyte
Gourmet mini-burgers - Greek, Salsa (dit bránd!) en Forest
Croissante-etes
Soetgebak
en 'n nuwe Sodabar - pomegranate, cherry plum, lavender, coconut ens
EN natuurlik.
'n great cappo, ook latte, machiatto, Red 's, chai en nuut nou: Pumpkin Spice. 


+27 is ontwikkel deur argitek- en ingenieurbroers wat 'n gaping gesien het vir 'n kreatiewe spasie wat toeganklik is vir jong ontwerpers, en dit wou kombineer met 'n café.

Goeie idee, sê ek.  Die beste geheim in Hatfield.


12 comments:

Anonymous said...

Ek neem my ma drie keer per week dokter toe met twee sere aan die been, en ek vat altyd n hekel ding saam, soo het ek al amper al 30 blokke van die fishermansring klaar gehekel, en almal wil weet wat is dan so mooi blou en wit.

Bren said...

Wat 'n oulike post! En dit lyk lekker daar.

Stel said...

Ek moet jou op 'n manier Pretoria toe lok :-)

Stel said...

Skitterend! So sal ons die wêreld bietjie inlig oor wat ons doen!

Gerlene said...

Next time. Daai burgertjie lyk oulik.

homemade@myplace said...

lovely crocheting at the cafe"!!!!
happy weekend, xxx Ale

karisma said...

I was going to say Looks like my kind of day, but then I thought, nah, I would be outside sitting under a tree. LOL Looks like fun though. hugs xox

Stel said...

Then I'll do a post one day about my hooking in the park, on the beach, next to the dam while the boys are fishing, in the boma by a fire on a hunt :-)

Anonymous said...

lekker plekkies wat ons moet visit wanneer ons weer visit ... ;) cool blog entry en fotos !!

Stel said...

Vir seker!

autumngeisha said...

Reading your post makes me want to get out & knit more in places other than my home. Love the modern landscaping of the cafe.

Stel said...

Do it! Interesting reactions.