Wednesday 15 June 2011

Hekel in publiek

Ek lees nou die dag hoe Natasja vertel van haar hekel op die trein, so bietjie agter in die hoekie. Sal dit nou lekker wees, om elke dag so hekeltyd te kry! (Ek doen die bestuurwerk, ry na twee skole toe, en kry net hekelkans in die kar op 'n naweek as die Ysterman bestuur).



Nou, ek was 10 jr laas in London, en onthou dié wat nie op die Tube sit en slaap of boeklees nie, staar in die niet. Min doen iets anders. En hier in SA sien jy amper nooit dat iemand hekel/brei/borduur buite hul binnekamer nie. Wat nog te sê waar Ander Mense jou kan sien!


So ek het besluit - as ek enigsins wil genoeg tyd kry om 'n ry klaar te maak, beter ek plan sien, want by die huis met die manne en die honde en huishulp raak dit rof. Dus sal ek iewers elders moet gaan SIT en skaamgeit in my sak druk en iets doen :-) Nou het ek al lekker mak geraak en gaan sit by Pure, en Café Dulce, en Woollies...




Steur my nie meer aan die verbouereerde kyk nie! (Want veral die grend tannies weet nie so mooi wat om te doen as iemand In Die Openbaar hier neffens hul sit en hekel nie. He he heee).


Maar veral wil ek dit ook doen sodat mense kan sien hekel is nie net 'n outannie-ding nie, en mens hoef nie pers-en-oranje, of gillende botsende primêre kleure met swart te gebruik nie. Hekel is weer mooi en word al meer gewild en ek dink dis nodig dat ons ou handvaardighede bietjie meer blootstelling kry. Dit gaan net gebeur as ander mense dit sien. Vandat ek so in die oopte hekel, by die skool en gimnastiek en ooievaarstee, kom ek agter hoeveel ander ook hekel of brei! Nou is ons al 'n groepie skoolma's wat een maal 'n maand saam sit en werk.


But that's not all folks.



Einste Natasja en ek het vandag na drie sekondes se nadenke 'n Facebook-blad begin, vir Afrikaanse hekelaars! Daar's baie haakers wat nie blogs lees of by Ravelry inskakel nie. Ons blad wil net aansluit by hierdie forums - as jy op Facebook is en Afrikaans kan lees/praat/verstaan, moet jy kom saamgesels. Kom kliek "Like" by http://www.facebook.com/#!/pages/Ons-Hekel/152656494806098?sk=info (gits, ek hoop hierdie werk, andersins soek maar net vir Ons Hekel) en laat ons sien wat doen julle.





Hoe's daai vir hekel-in-publiek ?




3 comments:

Natasja said...

Ons hakers moet nooit skaam wees vir ons bolletjies wol en hekelpenne nie. Nevermind Proudly South African, ons is Proudly Hooking!

Susan said...

Dis mos hoe trots ons moet wees, trotse hakers tot in die koffie shops. hehehehe

Joanie said...

Ja nee mens is nooit te jonk om te leer hekel nie en dis baie pret en by die n "stres relief"...