Wednesday 22 June 2011

'n Naweek weg


O, mens kom stadig aan die gang na so naweek weg!
Ons was vir die naweek op Merry Pebbles, sou eers tentopslaan maar het op die nimmertjie eerder 'n huisie gekry, met dié dat die manne nog effe siek was. Maar net so lekker! Daar is visgevang en rondgery en watervalle gekyk en...ek het drie serpe klaargemaak en amper Die Babakombersie. Waar van ek toe nou maar al die kakie-randjies afhaal want ek kry nie betyds my ekstra kakie wol nie. Lekker voor die vuur gesit en hekel:




Merry Pebbles is nou maklik my gunsteling-oord. Ons is maar 'sagte' kampers, ek hou van elektrisiteit en water sommer hier by my, en as dit kan nog 'n privaat badkamer ook. MP is klein, lê teen die berg in die elmboog van die Sabie-rivier, en kids kan hulself daar uitwoed tussen die swembaddes en trapfiets-karretjies en visvang in die rivier. Ons was wel nie daar so gelukkig soos by Horseshoe Trout nie - daar het Die Mannetjie skaars ingegooi of die forelle byt - 9 altesaam! Tweede keer dat die kleintjie vir son aandete vang, en hy was so trots daarop.





Op pad na Sabie het ons gestop by Milly's restaurant/winkel, net buite Machadadorp. 'n Heerlike eetplek, koffieplek (daar's wel ook 'n Seattle take-away binne die StarStop) en seker die beste karringmelkbeskuit in Suid-Afrika. Dis nou behalwe die mooi goed by Milly's Small Fry, hul winkeltjie met kinderklere en bybehore:






(En Milly's het Vrydag AFgebrand! :-(



Ek's nou total geïnspireer om met katoen iets te hekel, en Ruby's het rye en rye van daardie Vinnie's Cotton.


Maar intussen het ek Die Babakombers her-beplan, en hoewel nie my eerste keuse, al die blokkies se randjie begin oordoen in rooi. Ek sal nog daaraan gewoond raak. Moet nog net een blokkie doen, dan al die rafels wegwerk en vaswerk en blok en opvou en toedraai en wegpos Kenton toe!

Ek het ook verwoed aan die serpe gehekel - dit gaan lekker vinnig, sommer so in die kar. Dink nie ek sal gou weer met 'n oneweredige draad werk soos die groenerig en blouerig nie - hoewel mooi, werk dit moeilik! Veral met groot haak . Dit voel wel lekker lig om die koue nek en doen sy werk. En kyk hoe mooi kom die strepieserp- met al die uitgetrekte draadjies van Die Babakombers! Nuutwol, so dit moet na iemand spesiaal gaan wat dit sal waardeer :-)







En nou moét ek gaan rafels wegwerk!



1 comment:

Louisette said...

Lovely crochet, greeting from Belgium