Monday 18 July 2011

'n Kombers met 9 lewens

(Hy is nou in nr 3).
Onthou ek het begin hekel en sommer met 'n kombers weggeval?
Toe moes ek eendag 'n groot besluit maak.
Dis die strepieskombers.  Hy gaan nie 'n kombers word nie.  Nie met daardie verkeerde steke nie en nie terwyl ek dit reg wil doen nie...maar wat nou gemaak met al daardie harde werk?  Daar's nie 'n manier wat ek dit uittrek nie!
Toe stel vriendin voor dat ek dit gebruik vir kussingoortreksels. Dan het ek iets nuttig daarvan en kan altyd onthou dit was my eerste (floppie) projek.  Goeie plan :-)
Maar toe op een bittere koue aand gooi ek die Bulkalfie se hekelkombers sommer oor my skouers en was dit nie te lekker nie!  Dus sal die kombers omvorm word tot 'n tipe wrap/tjalie/iets.  Groot houtknoop gekry en aangewerk, lussie gemaak met 'n paar kettingsteke.  Een aand so gedra, maar dit was nie te gemaklik nie.


Toe sien ek gister hierdie 'shrug' in die boek "Crochet - Patterns Techniques Stitches Inspiration" van Katy Bevan...'n gewone reghoekie wat aan die punte vasgewerk word. 






Tjoef-tjaf is die kombers gevou, 10 cm van die kort kante toegewerk, 2 rye van 'n kraag al aan (sal nog bietjie breër maak) en so sal ek dit deur die laaste winterdae dra (as ek dit van Bulkalfie kan wegskeur, wat dit reeds vanoggend gegryp het)
(Oi, kyk net my seuntjies se graffiti-muur daar agter...)


Dalk word dit eers volgende jaar kussings...









Op ander noot - ons Facebook-page "Ons Hekel" het na een maand reeds 201 lede! Joehaaaa!! Dis 'n page vir plaaslike/Suid-Afrikaanse/Afrikaanse/enige ander hekelaars en verteenwoordig van absolute beginners (ek) tot regtig groot kokkedoor-hekelaars wat die mooiste goed maak.  Gaan kyk gerus. 

My Vintage Stripe Blanket is now entering its 3rd incarnation...it started life as a blanket, then became a wrap, and had now turned into a shrug! (Almost became a pillow cover). I'll have to wrestle it away from my little Bull Calf for the rest of the winter. 
Who knows what it might become next year?

Also very happy about our Facebook page "Ons Hekel", an Afrikaans page for chrocheters...201 members after 1 month!  Have a look.

4 comments:

Joanie said...

Dit is baie oulik......jy kry baie meer gedoen as ek......

Gerlene said...

Baie oulik. As dit kussings gaan word, wonder ek hoe jy dit gaan doen? Laat weet.

Stel said...

Gerlene - ek weet nog nie...dalk sommer net vasstik op denim agterkante?

Alida Cloete said...

Sien net wat n mens nie alles kan vermag as n mens net wil. Baie geluk dis mooi vir n eerste