I decided this year to try and keep track of the books that I read - I read a LOT, but too fast, and then I sometimes forget what I read! I missed a month or two, but managed to get most on this list.
Mmm...nege boeke wat dit nie gemaak het nie...ek hou regtig nie daarvan om 'n boek ongelees te los nie. Vroeër sou ek spartel en stoei en deurdruk met wroeging, maar het net besluit die lewe is wraggies te kort. Ek hou van lekker lees, lekker stories wat goed geskryf is teen 'n interessante agtergrond, en as mens nog iets kan leer daaruit, des te beter. Daarom dat ek hou van boeke teen 'n geskiedkundige agtergrond (Irma Joubert, FA Venter, Jeanette Ferreira, Chanette Paul), goeie verhoudingsliteratuur (Helene de Kock, Sophia Kapp), goéie Christen-fiksie (Karen Kingsbury, Francine Rivers) (en jammer, daar's baie minder goeies daar buite), lekker chicklit, outobiografieë, reis/erveringsbeskryings (Riaan Manser, Dana Snyman).
BOEKE GELEES
- To save a life - Jim & Rachel Britts
- Like Dandelion Dust - Karen Kingsbury
- Die Kosmosland - Juanita Joubert
- My name is memory - Ann Brashares
- Beyond Tuesday Morning - Karen Kingsbury
- Supernanny - Jo Frost
- Pluimprinse - Malene Breytenbach
- Die dood van die God van my vaders - Nico Smith
- Second Chance - Jane Green
- Fair Game - Elizabeth White
- Izobel Brannigan.com - Christina Hopkinson
- One Tuesday Morning - Karen Kingsbury
- Tamara - Chanette Paul
- The Devil Wears Prada - Lauren Weisberger
- Every Now & Then - Karen Kingsbury
- With love, from me...to me. A letter to my sixteen year-old self - Ed. Joseph Gallinao
- Remember me? - Sophie Kinsella
- Just beyond the clouds - Karen Kingsbury
- Things I want my daughters to know - Elizabeth Noble
- Gister is 'n ver land - Malene Breytenbach
- Leaving - Karen Kingsbury
- Sabbatsreis - Annelie Botes
- Die tuiskoms van Mina Afrika - Zuretha Roos
- Charlotta - Jeanette Ferreira
- Volkslewe van die Afrikaner - Pieter W Grobbelaar
- The Wedding Officer - Anthony Capella
- The land of painted caves - Jean Auel
- Droomdelwers - Esta Steyn (oeps, hier het ek vir 'n week of drie vergeet van my lys...)
- Die Oorwinnaar van Nooitgedacht - L Penning
- Waiting for Morning - Karen Kingsbury
- Iemand vir 'n scoop? - Marida Fitzpatrick
- Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom - Marita van der Vyver
- Seerowers, kameelkoppe & chillies vir tee - Ilze Salzwedel
- Sjokoladesoene - Kristel Loots
- Klawervier - Annelie Botes
- Waar die hart is - Sophia Kapp
- Learning - Karen Kingsbury (en hier's ook weer 'n groooot gaping)
- Annabel - Chanette Paul
- Willemien - Chanette Paul
- Vlug in die Namib - Henno Martin
- Sonbesie - Morné Malan
- Dokter sonder grense - Malene Breytenbach
- Bloedgrond - Malene Breytenbach
- Shalom beteken vrede - Carl Steyn
- Young Blood - Sifiso Mzobe
- Lemoenseisoen - Kristel Loots
- Boy in the world - Niall Williams
- My Secret a PostSecret Book - Frank Warren
- The Help - Kathryn Stockett
- Home Truths - Freya North
- Die Uitgespoeldes - Dalene Mathee
- The Girl with the Dragon Tattoo - Stieg Larsson
- Shades of Blue - Karen Kingsbury
- The Racist's guide to the people of South Africa - Simon Kilpatrick
- Die ooreenkoms - Sophia Kapp
- Energy - MJ Schutte
- Kronkelpad - Irma Joubert
- Thanks for the memories - Cecila Ahern
- Suurlemoen! - Jaco Jacobs
- One Day- David Nicholls
- Lekkerlag Visstories - Pieter P du Plessis Taylor
- Die Hemelburgers - Helene de Kock
- The Saturday Big Tent Wedding Party - Alexander McCall Smith
- Tuiskoms - Irma Joubert
- A place called Freedom - Ken Follett
- Die blou uur - Christine le Roux
- Verbeelde werklikheid - Eleanor Baker
- Huis van die wind - Sophia Kapp
- Langverlof - Annemari Coetzer
- Bitterwater/Soetdoring omnibus - Margaret Bakkes
- Mijnheer Galant - Elmar Steyn
- Die vlug van Francois du Buis - Elmar Steyn
- Rain Song - Alice Wisler
- A place called here - Cecilia Ahern
- Around Madagascar on my kayak - Riaan Manser
- Strangers on the 16:02 - Priya Basil
- In the middle of nowhere - Tony Underwood
- Hans du Plessis - Die pad na Skuilhoek
- Sing you home - Jodi Picoult
- The Love Verb - Jane Green
- Deborah - Chanette Paul
- Jonathan Livingston Seagull - Richard Bach
- Isabelle - Chanette Paul
- Vlerke vir 'n visvrou - Chanette Paul
- Die Lanternswaaier - SD Fourie
- Maryn - Chanette Paul
- Campbell's Kingdom - Hammond Innes
- Living without Liesl - Douwleen Bredenhann
- When the boys are away - Sarah Webb
- Longing - Karen Kingsbury
- Wildvreemd - Carina Stander
- Hiervandaan - Dana Snyman
- Haaitemmer - Wilreza Theron
- Vat 'n gap - Jana du Plessis
- Fleur - Chanette Paul
Sjoe, dalk 'n top 5 (oukei, 6)
- Die dood van die God van my vaders - Nico Smit. Wat 'n eye-opener. Mens moet dit stadig lees en mooi nadink.
- Klawervier - Annelie Botes. Maklik op my top 10 van alle tye. 'n sterk storie, so ekonomies geskryf, so baie wat jy tussen die woorde lees.
- Young Blood - Sifiso Mzobe. Een van my eerstes van die jaar, 'n dubbele pryswenner reeds, en 'n sterk debuut deur hierdie skrywer. Die het hierdie leser se oë oopgemaak vir die lewe van 'n township-tiener, motorkaper en hoe fyn die lyn tussen die twee is. Op my lysie van verpligte leessstof in hierdie land.
- One Day - David Nicholls. Dis dalk een van die hyped-up boeke en hyped-up flieks van die jaar, maar ek het dit regtig geniet. Die karakters is min of meer my ouderdom en ek kon dus identifiseer met baie van die verwysings, dis goed uitgedink en het lekker gelees.
- Around Madagascar on my kayak - Riaan Manser. Vir die absolute wilde avontuur waarop Riaan jou neem. Ek dink hy is redelik kens om te doen wat hy doen en ek sal dieselfde nie eens op 'n groot boot met baie, sterk enjins aanpak nie. maar dis ongelooflik om op papier te beleef!
- Huis van die wind - Sophia Kapp. Sy is een van my gunstelingskrywers, een van die waarvan ek die nuwe boek koop nog voor ek weet waaroor dit gaan en sonder om te dink of ek daarvan sal hou. Ek weet ek sal. Hierdie verhaal, wat vooroordeel en rassisme binne 'n verhoudingsroman aanspreek, was 'n absolute gunsteling.
BOEKE NIE KLAARGEMAAK
1. Dis koue kos, skat - Marita van der Vyver
2. Jaaringe: 12 Kortverhale - Henriette Grové
3. Woorde in die Wind - Kristel Loots
4. Kikoejoe - Etienne van Heerden
5. Naglig - Christa Jonker-Jordaan
6. Walking on dry land - Denis Kehoe
7. Onthou jy my - Elize Parker
8. Brood vir my broer - Cor Nortjé
9. Begeerte - Eben Venter
Ek wil nie baie hieroor sê nie. Behalwe dat "pryswenner" in my oë nie noodwendig gelykstaan aan "goeie skrywer" nie.
ONGELEESDE BOEKE IN MY RAK WAT GELEES MOET WORD (OF KLAARGEMAAK MOET WORD...) VOOR EK ENIGE NUWES MAG KOOP...
- Suid-Afrika 'n Toekomsperspektief
- The Alchemist - Paulo Coelho (WEGGEGEE)
- A Christmas Carol - Charles Dickens
- How to study the Bible - John MacArthur
- Coconut - Kopano Matlwa
- A Journal for Jordan - Dana Canedy
- The 5 Love Languages - Gary Chapman
- How things are made - Rose & Schlager
- Black Diamond - Zakes Mda
- Mahala - Chris Barnard
- The man who loved the Zulus - J F Scutt
- Fascinating Womanhood - Helen Andelin
- Knowledge in the blood - Jonathan Jansen (amper klaar!)
- Star of the morning - Pamela Jooste
En dit was my boeke-jaar 2011! Ek begin die nuwe jaar met Ken Follet se "Pillars of the Earth", 'n boekrakstut van 'n boek, maar gaan hom klaarkry. En is ook besig met 'n lekker nuttelose-info bundel: "What I regret".
Lekker!
Kyk ook wat ons lees op Lekkerlees Boekrak, op Facebook.
4 comments:
what a great idea to document all you've read. I must try an do that, as I'm like you, I read so much I will sometimes forget what I've read, and it can be a couple of chapters in to a book before I realise that I've already read it!!
Wow! Jy is beslis `n geesdriftige leser. Ek het toevallig op jou blog afgekom en was natuurlik verheug om van my boeke op jou lys te kry.
Jammer 'Woorde in die wind' het dit nie ge'maak' nie. Dis `n bundel saamgestel uit `n aantal van my kortverhale wat voorheen in tydskrifte verskyn het.
Onthou jy my? staan ook teenoor my naam op jou nie-gemaak-nie-lys. Daardie een is nie een van myne nie, hoor. Ek dink amper dis Elize Parker se skryfwerk.
Lekker lees in die jaar wat voorlê en weet maar net ek is erg jaloers oor jou lang leeslys.
Bloot vir die interessantheid wonder ek waar jy jou leesstof vandaan kry. Biblioteek of skud jy die sak?
Dan hoop ek daar is genoeg boekrakke in jou huis.
Weet jy van die facebookblad Lekkerlees Boekrakker. Ek dink dis wat dit genoem word . . .
Waar lesers hul gedagtes deel.
Ek loer soms daar in en staan verstom oor die verskillende smake as dit by lees kom.
Self wens ek ek kry meer gelees, voordat die vaak my saans oorneem.
Lekker dag!
Kristel Loots
Dit was nou interresant om jou lees-lys te sien. Mens leer so baie van mense deur te weet wat hulle lees. Daar is 'n paar op jou lys wat ek ook gelees het: Rian Manser, Alexander McCall Smith, Dana Snyman, Annelie Botes. Ek's bly om te sien jy lees ligte en swaar boeke. Ek is bietjie uit voeling uit met wat in die Afrikaanse boeke wereld aangaan - ek mis dit. Het jy al Deon Meyer gelees? Ek's ook nie mal oor Paul Coelho nie - ek sien jy het hom weggegee.
As jy van Afrika letterkunde hou probeer Chimamanda Ngozi Adichie. Sy is 'n Nigeriese skrywer. Ek's mal oor haar werk.
Hoe lees jy? Koop jy al die boeke, of kry by die bib, of lees op Kindle of so iets? Ek is outyds - ek koop alles. As ek daarvan hou dan bly dit op my rak, as ek nie daarvan hou nie gee ek dit vir die tweede-handse boekwinkel.
Lekker lees hierdie jaar!!
Ansie...as my man moet weet wat ek aan boeke bestee, jaag hy my werk toe!
Ek koop BAIE boeke, nuut en tweedehands, en lees by die bib. Kan nie dink dat ek gou 'n Kindle sal wil he nie. Hier staan al rakke en rakke vol, ons nuwe gastetoilet is nou al 'n mini-bibliotekie. EK gee baie weg ook, maar oooo die rakke bly vol.
Van Deon Meyer het ek sowaar nog net 2 of 3 gelees, wil nou die nuwe kry vir my sus en dit dan sommer self ook lees. Lyk my rillers, moord en bloed word nou baie gewild in Afrikaans, maar ek's nie te mal daaroor - As ek name nou reg onthou - Riana Mouton, Isa Konrad (? klink nou verkeerd). Kyk bietjie op Faceboek na die groep Lekkerlees Boekrak - die nuutstes word daar bespreek, daar is'n klompie skrywers en uitgewers ook op, en ek het daar 'n van klompie interessante boeke gehoor.
Sal bietjie uitkyk vir Adichie - dis nou 'n nuwe mark wat ek so begin begin bekyk.
Goed gaan!
Post a Comment