Tuesday 5 June 2012

Tadaaah!! Lucy se Ripple in Afrikaans

Translated into Afrikaans with permission of Lucy, www.attic24.typepad.com

Baie dankie aan Lucy van Attic 24 wat ons toestemming gegee het om haar Neat Ripple
in Afrikaans te doen!


Die oorspronklike Engels is hier, met stap-vir-stap fotos.
The original English is here, with step-by-step photos.


Na 'n klompie navrae vir 'n Afrikaanse weergawe van hierdie patroon:



Lucy se Ripple

Hier is eers die verkorte weergawe...

Maak 'n beginketting in veelvoude van 14, plus 3 ekstra steke (telkens om te draai).
(Of dan - maak die ketting soos lank soos jy dit wel hê, kyk net dat die total 'n veelvoud van 14 is, en maak 3 ekstra steke om te draai).

R1
1 lb in 4e ketting van pen
1 lb in elk van volgende 4 k
2 lb tesame
2 lb tesame
1 lb in elk van volgende 4 k
*2 lb in volgende k
2 lb in volgende k
1 lb in elk van volgende 4 k
2 lb tesame
2 lb tesame
1 lb in elk van volgende 4 k*

Herhaal tussen * en *, eindig laaste herhaling met 2 lb in laaste k, draai.

R2
Maak 3k, 1lb in basis van die 3.
1 lb in elk van volgende 4 k

2 lb tesame
2 lb tesame

1 lb in elk van volgende 4 k

*2 lb in volgende k
2 lb in volgende k

1 lb in elk van volgende 4 k

2 lb tesame
2 lb tesame

1 lb in elk van volgende 4 k*

Herhaal tussen * en *, eindig laaste herhaling met 2 lb in die boonste lus van die 3 ketings van die vorige ry.

Herhaal so tot kombersgrootte wat jy verkies.


Lucy beveel wel aan dat jy 'n oefenblokkie doen soos hier:

Maak 'n beginketting van 31 steke (2 x 14 + 3).
Maak 'n langbeen in die 4e steek van die pen.
Maak 1 lb in elk van die volgende 4 kettings - nou het jy dus 5 (2 lb + 3 k)

In die volgende steek - maak 2 lb tesame, so:

Haak wol oor, hekelpen in steek, wol oor, haak terug (3 st op pen), wol oor, trek deur 2 lusse (2 st op pen), wol oor, steek in volgende ketting, wol oor, haak terug (4 steke op pen), wol oor, haak deur 2 lusse (3 st op pen), wol oor, haak deur al 3 steke op pen. 

Klaar: 2 lb tesame :-)

Maak nog so een!

Werk 4 lb in elk van die volgende 4 kettings. Nou behoort jy die "valleitjie" te kan sien, die V-vorm van die Ripple.

Om die "piek" te maak...

Werk 2 lb in die volgende ketting.
En nog 2 in die volgende ketting.

Dan weer 1 lb in elk van die volgende 4 kettings.  

Twee maal 2 lb tesame.

1 lb in elk van die volgende ketting.

Al asl reg geloop het, behoort jy 1 ketting oor te hê, maak 2lb hierin om die ry te eindig.   

Draai nou die werk.
Maak 3 k, dan 1 lb in DIESELFDE steek (die basis va die 3 kettings)
En volg die patroon:
1 lb in elk van die volgende 4 steke
Twee maal 2 lb tesame
1 lb in elk van die volgende 4 steke
Twee lb in elk van volgende 2 steke
1 lb in elke van volgende 4 steke
Twee maal 2 lb tesame.
1 lb i elk van die volgende 4 st.  

(Nou behoort jy weer by die einde van die ry te wees). 

Maak nou 2 lb in die boonste lus van die 3 kettings van die vorige ry.

Begin weer die volgende ry met 3 k en volg die patroon... 



Hierdie was my eerste poging tot 'n vertaling, en ekself hekel nie eintlik in Afrikaans nie!  Laat weet asb hoe dit gaan, is daar enigiets wat ek moet duideliker maak.  Ek het probeer om haar stap-vir-stap verduideliking so eenvoudig moontlik te volg.  Hierdie patroon sal deurentyd bygewerk word soos daar vrae inkom.  

Vir diegene wat ook sukkel om in die basisketting te hekel...ek werk in die agterste lus van die steek, dis vir my baie makliker as in die boonste twee lusse.  Na die eerste ry gaan ek dan weer normaal aan.  

7 comments:

Anonymous said...

Hello Stel, love your ripple quilt! I want to also make one, is it hard to follow the pattern? You used very nice colours, kind regards, Ann

Stel said...

Hi Ann
It is not that hard, you just have to concentrate with the counting. For some or other reason got mangled up every now and then, but the pattern is easy enough to retrace your steps to find the fault. I'll also put up the link to Lucy's original English pattern with photos.

Rosangela said...

Muito linda sua ripple.
Que cores lindas, na foto parecem luzes.
Parabéns.
Beijo.

Annie said...

I found you through Accidental Housewife, and I'd argue that crocheting is housewifey! I just learned how to crochet a couple of months ago and love it. Your ripple blanket is absolutely gorgeous; I'll be visiting your blog for inspiration!

Georgia said...

i wish i jnew how to make blankets, this is beautiful!

georgia
http://swonderfulgd.blogspot.ca/

Lelo Juweeltjes said...
This comment has been removed by the author.
Ineseda said...

je ripple deken is prachtig!